Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Onafgehandelde sake ’n kopseer

ANONIEM SKRYF:

Ek wil nie graag ons kerksake na ’n koerant toe vat nie, maar ek is net raad-op.

Waar is die kerkleiding van ons kerk? Ek bedoel van die ELKRN.

Dit lyk soos ’n begraafplaas by ons hoofkantoor. Stil!

Daar is so baie onafgehandelde sake, veral by ons Khoekhoe-sprekende parogieë in Katutura, en terwyl daar alreeds so baie sake staan, kom daar nog nuwes by. Wanneer wil die kerkleiding optree?

Kyk na Efesiërs en Tanidare se sake, dit beweeg nie vorentoe of agtertoe nie. Die leierskap moet vergaderings gaan hou en na al die probleme luister en oplossings gee (ons is in die derde maand).

Getalle van ongelukkige lidmate neem toe by die dag. Waar moet ons met ons griewe gaan? Ons wil tog nie gaan betoog nie!

Kom jy na vore, is jy die swart skaap.

Selfs die parogierade het nou soveel powers dat hulle mense links en regs “skors”, terwyl die kerkbestuur ernstige dinge wat gebeur verbykyk en ignoreer. Is die wet van die pastore verouderd?

Onthou, ons hou alles baie fyn dop.

Ek het gedink alles sal net seepglad wees as die nuwe leierskap oorneem, maar nou is dit ’n ander storie. Baasskap in sommige gemeentes/parogieë is ’n kopseer. Dit het tyd geword dat die kringleiding die mandaat gegee word om al die onafgehandelde sake te hanteer en af te handel. Genoeg is genoeg!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!