Onregverdige optrede ’n kopseer
ANONIEM SKRYF:
Padverkeersbeamptes wat voor die klub gaan parkeer met hul werksvoertuig, met die rooi en blou lig aan. Hoe dink hulle moet daai arme mense huis toe gaan van daar af. Dit is mos nou glad nie reg so nie en daar is ’n spesifieke beampte wat dit doen. Kan iemand asseblief plan maak en vir haar aanspreek, dat sy haar werk reg doen. Die ander ding is, sy patrol nooit wanneer haar familie troues of so iets het nie, en daardie ou karre wat lyk of hulle nie padvaardig is nie, word op en af gery, maar as dit ander mense is, dan is sy op ’n pos. Ons is moeg vir die onregverdigheid! Die goed gebeur in Aranos.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie