Briewe
Briewe

Ons is in die moeilikheid

Mandy Rittmann
M WERNER SKRYF:

O liewe lesers, besef julle dat ons letterlik en figuurlik in die stront is. Dis ʼn feit soos ʼn koei.

Die diepte van die stront wissel wel.

Ek moes die week na ons hoofstad toe ry, van die platteland af wat al klaar in die stront is.

Dis kommerwekkend dat die stront net soos natuurlike fonteine in ons riviere invloei. Die munisipaliteite weet nie hoe, of wil dalk nie iets aan die stront doen nie. Die ondergrondse water word ook besoedel, die stront syfer deur na die ondergrondse waterbronne.

Ons drink hierdie water en gebruik dit vir huishoudelike gebruik. Dis seker hoekom ek so ʼn effe klankie op my klere kry.

Ek weet ook dat die meeste rioolaanlegte aka strontplase nie meer in werking is nie, want dis mos nie belangrik nie, dis mos stront.

Vars lug is ook nie meer van ter sprake nie, want al dink jy jy is buite die stad en in die 'vars lug', weet maar jy gaan stik aan die reuk wat om die draai wag.

Kinders speel ook lekker in die 'stront'riviere en raak siek.

Is menslike higiëne nie meer belangrik nie? Moet ons nie kyk na ons water nie, water is tog lewe? Dis net die oortjies van die seekoei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!