Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Ons moet die ELKRN red

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Voorsitters-posisies in die ELKRN het ’n kopseer veroorsaak/geraak. Sommige pastore in ons gemeentes het nie ’n sê nie. Hulle wag eers vir die mening/gevoel van die “voorsitter/ster”, wat totaal verkeerd is.

’n Voorsitter, is iemand wat vergaderings moet lei en ’n pastoor is die leier van sy/haar kudde/die gemeente/die parogie (soos die Bybel ons geleer het). Het u gelees van die berig oor die “kassier” in ’n gemeente? Totaal onmoontlik en vreemd in die ELKRN!

Moenie “culprits” rondsoek of wil weet wie dit na die koerant geneem het nie, dit is mos die waarheid! Waar is die leraar, wie neem die besluite? Ons moet die ELKRN red voor dit te laat is! Ons kan nie maak asof alles “ok” is, terwyl dit nie so is nie. Ons maak die werk vir die biskop en die kerkleierskap moelik!

Ouderlinge moet van kantoorverpligtinge soos sekretaresse ensovoorts, wegbly! En buitendien, is julle kinders, kinders wat voor hierdie grootmense (ouderlinge/gemeentelede) grootgeword het. Hoekom moet julle hulle so kom behandel en maak asof julle nou “in charge” is. Hou julle op, man! Asseblief!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!