No Image Caption

Ons taal

Mandy Rittmann
ILSE EISEB SKRYF:

Die hele wêreld is besig om hard klem te lê op die belangrikheid van nommers en alles rondom dit, maar hoekom is dit so moeilik om eintlik te verstaan, dat sonder woorde kan syfers ook glad nie sin maak nie?

Dit is belangrik om ’n taal foneties, morfologies en grammaties korrek te gebruik, want dié soort vaardigheid sal veroorsaak dat die leser nie die einde van die skrywe wil baie gou verwag nie.

Hierdie interessante taal, Afrikaans, het nie baie genot op skool in my lewe verskaf nie, maar ek vind my nou in ’n posisie wanneer ek my donker bruin oë op enige koerantartikel val, dat my gedagtes verskillende soort vrae vanselfsprekend vorm. Wanneer so ’n aktiwiteit voltooi is, hardloop daar ’n trotsheid en ’n groot blydskap deur my, wat ek nie eens woorde het om dit te omskryf nie. Sulke oomblikke, klassifiseer ek as waardevol en sommer tonne goud werd, veral om myself ook op so ’n manier te vergewis met die hoeveelheid onbekende woorde wat nog in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal versteek is.

Aan die anderkant word die toekoms van almal bepaal deur die nommers korrek op te tel tot op ’n punt genoem, om dan aan die einde van die te sê: “Ek het verstaan wat die onderwyser my geleer het, ek het genoeg tyd spandeer om alles te kan onthou en dan ook terselfdertyd te sien op die rapport, dat ek genoeg punte bygemaak gemaak het om die volgende fase van my lewe in te gaan en met lof aan te pak.”

Moenie ’n fout maak nie, syfers sal altyd ’n plekke in my lewe hê, want die onderwysers wat die vakke in die vorm van wiskunde, rekeningkunde, natuur- en skeikunde, tikwerk en selfs tegniese tekeninge op skool aan my aangebied het, het dit in die vorm van groot plesier en vreugde gedoen. Daarvoor sal ek vir hulle altyd dankbaar wees. Om hierdie woorde bymekaar te sit, hoe syfers ’n volle draai in my onderrig gemaak het op sekondêre skoolvlak laat sommer ’n paar trane van opgewondenheid oor my wange loop, omdat van hulle het alreeds hulle laaste asem uitgeblaas. . . ek sal hom altyd onthou! Hulle wat nog lewe se ondersteuning en liefde wat ek vandag nog geniet waardeer ek ten volle, want sonder daardie hemelhoë vlak van onderrig sal ek nie die persoon geword het, wie ek vandag is nie.

Soms kan ek nie verstaan hoekom sommige van vandag die skoolleerlinge so sukkel om MEER TE WIL WEET wat by die skool afgeskop word. Wat kan ons doen as leerlinge van vandag ook meer van die Afrikaanse taal wil weet...?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!