Onthou: 18 Julie 1966 in Den Haag
RIAAN EKSTEEN SKRYF:
18 Julie is 'n belangrike en betekenisvolle dag in Suid-Afrika se geskiedenis.
In 1966 op hierdie dag het die Internasionale Geregshof in Den Haag uitspraak gelewer in die jarelange saak wat Ethiopië en Liberië teen Suid-Afrika gemaak het oor Suid-Afrika se hantering van die mandaat in Suidwes-Afrika.
Daardie uitspraak het daardie agtermiddag gekom, met die voorsittende regter, regter Percy Spender van Australie, wat die beslissende stem gegee het omdat die regters gelykop verdeel was tussen wegwys van die applikante se aansoek of die toestaan daarvan.
Dit was vir Suid-Afrika 'n besondere belangrike gebeurtenis deurdat die regsaspek oor die mandaat dus tot 'n einde gekom het; wat ons verwag het die geval sou wees, maar wat daarna gebeur het, was die teenoorgestelde, naamlik dat die Afrika-state toe na die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gegaan het om die mandaat ongeldig te verklaar. 'n Nuwe era in internasionale konflik oor Suidwes-Afrika is toe ingelui.
Met die aanvang van die Algemene Vergaderings se sitting in September 1966 was die Afrika-state daarop uit om 'n groot en belangrike item te maak van die hofuitspraak.
So het dit dan ook gebeur dat die Algemene Vergadering op 27 Oktober 1966 die mandaat herroep het, volgens hulle, wat Suid-Afrika se teenwoordigheid in Suidwes-Afrika, nou Namibië, dus onwettig verklaar het.
Hierdie besluit van die Algemene Vergadering het die dispuut oor Suidwes-Afrika tot 'n baie groter mate verinternasionaliseer en van daardie dag af het dit 'n baie belangrike punt geword in Suid-Afrika se buitelandse beleid en sy hantering van hierdie aspek is op 'n baie groter internasionale skaal geplaas, wat oor jare heen gestrek het en uiteindelik uitgeloop het op die aanvaarding van resolusie 435, die implementering daarvan nadat die Amerikaanse poging van Chester Crocker vrugte afgewerp het. Namibië het verkiesing gehou in 1989 en onafhanklik geword het in Maart 1990.
LAASTE OPENBARE WOORDE
Daardie aand,na die uitspraak, het dr. Hendrik Verwoerd, wat toe eerste minister was, hy was met vakansie by sy vakansiehuis by Bettiesbaai, die laat agtermiddag, vroegaand na die Seepunt-ateljees van die SAUK gekom om 'n boodskap oor die uitspraak te lewer.
Hy het onder andere gesê Suid-Afrika sal nie koning kraai oor sy teenstanders nie. Daarmee het hy ook bedoel nie net die VN en die hofsaak, wat daarmee afgesluit was nie, maar ook ander lande wat SA gedwing het om gehoor te gee aan die uitspraak, maar self nie gehoor daaraan gegee het toe die uitspraak gelewer is nie.
Dit was die laaste keer wat dr. Verwoerd se stem oor die SAUK gehoor was, of wat hy 'n geleentheid toegespreek, het voordat hy ses of sewe weke daarna in die Volksraad vermoor is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie