Ontwikkelaars van aftreeoorde
ANONIEM SKRYF:
Ek praat vandag spesifiek met die ontwikkelaars van aftreeoorde. Is julle bewus daarvan, dat ’n pensioenaris net ’n kleiner plek met mediese sorg – wanneer hy dit nodig mag hê – in gedagte het. Iets wat hy met sy aftreegeld kan bekostig.
Aftreegeld wat ook nie meer tred hou met stygende lewenskoste nie.
Weet jy, Mnr. Ontwikkelaar, dat ’n afgetrede persoon jammer is vir sy “laaste” motor waarvoor hy ’n garage nodig het, sy motor moet hóú, want hy sal nie weer een kan koop of bekostig nie. Wanneer julle ’n aftreeoord beplan, beplan of dink julle ooit aan die behoefte van genoeg garages, of is ’n oop stowwerige afdak sonder ’n deur of ’n pakplek/stoorplek, of géén garage, ver van jou wooneenheid voldoende vir bejaarde mense? Is ’n garage te duur en julle wins te min, of maak dit net nie saak nie? Dis mos oumense! Dis ’n skande. Selfs in ’n een- of tweeslaapkamereenheid, het ons nog steeds ’n sekere lewenskwaliteit om te probeer handhaaf so lank ons kan. Meeste van ons het nog ’n motor, wil graag ons onafhanklikheid behou so lank as moontlik. Ek woon in ’n tweeslaapkamerwoonstel en het geen garage. My motortjie staan in wind en weer, elke dag vol stof. Oumense word uitgebuit. Wooneenhede is meestal heelwat duurder as dieselfde eenheid in ’n woonstelkompleks buite. Ek aanvaar ’n frailcare-afdeling wat noodsaaklik is, maar wat vir jou ’n klomp geld kos sou jy daar beland. ’n Restaurant ensovoorts kos geld, jy betaal vir etes, die etes is nie verniet nie, maar moet oumense regtig so gemelk word, net omdat dit hulle laaste of hulle enigste opsie is? Hulle kan nêrens anders heenkome vind nie, het later sorg en hulp nodig. Meeste kinders stel nie belang om na hul ouers om te sien nie, stel ook nie belang om ouers finansieel by te staan en te help met levies en ander oorhoofse kostes nie. Ouers pas glad nie meer by hulle leefstyl in nie. Ouers is eintlik in die pad. Sommige oumense sterf stoksielalleen. Kinders besoek hulle nie eens nie. Alle aftreeoorde is vol. Oumense het so ’n bekostigbare plek nodig. Ja, die aanvraag is daar, dalk daarom dat dit so duur is? Alles word so duur, óú aftreegeld hou nie by nie. Dink gerus hieraan, en aan oumense wanneer julle weer beplan, en beplan dalk in die toekoms beter, of dalk net met meer insig en begrip en deernis. Asseblief?
U kan gerus ’n artikel hiervan maak. Ek voel dit moet regtig onder meer mense se aandag gebring word. Die oumense word afgeskeep.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie