Op vier behoort hulle aan die wêreld
Ek lees nou die dag mense sê ’n kind behoort aan jou tot hy vier is en dan behoort hulle aan die wêreld.
My tyd hardloop uit, besef ek met die oudste wat binnekort vier word. Drie was ’n interessante jaar. Dis soos ’n tweejarige met ondervinding en ’n opinie. Ek besef ook die jongste word binnekort drie, en dan kan ek dit weer alles oor beleef.
Ek dink aan so rukkie terug. Ek het een van daai dae beleef. Mammas sal weet waarvan ek praat. Een van daai moedelose dae, waar jy alles betwyfel. Van hoekom is hulle soos hulle is, tot is ek regtig die beste persoon wat hulle moet grootmaak want tot ék voel hulle verdien beter.
Dis op daardie dae wat jy jouself dryf om beter te wees. Beter te wees as vandag. Beter as gister. Beter as op jou beste dag. En wanneer ek sukkel om nie my cool te verloor nie, herinner ek myself aan die volgende, ek is mens. Ek maak foute. Maar ek is ’n volwassene wat weet hoe om my emosies te bestuur en te beheer. Hulle weet nie. Hulle moet nie weet nie. Ek is daardie veilige hawe. My optrede en reaksies maak saak.
En dan, nadat ons te hard gepraat het en ná twee ure eers kon rustig raak vir ’n middagslapie, gaan lê ek langs hulle op die bed. En ek is volwasse genoeg om te erken ek kon dit alles vermy het. Maar in die oomblik wou ek hulle groter hê. Wou ek hê hulle moes alleen gaan slaap, sonder dat ek langs hulle moet gaan lê. Hoekom? Ek weet nie. Want niks wat ek wou doen, is gedoen nie. Ek het nie die wasgoed gewas nie en die skottelwasser is steeds nie uitgepak nie.
En toe ek die oudste so bietjie nader trek en my arms om sy lyf sit, druk hy hom stywer teen my lyf vas. Vind sy klein handjies my arm. Ook in sy slaap fluister hy hy is lief vir my. En die trane loop. Want wat is belangriker as hierdie net hier? Niks nie. Hierdie is dit. Dit waarna jy uitgesien het om mamma te wees.
Dis nog net ’n rukkie, herinner ek myself, dan sal hulle my nie meer langs hulle op die bed soek nie. Hulle handjies gaan nie meer my arm soek om te vryf nie. Tot die “I love you’s” en die “jy is die beste mamma ooit” sal minder word hoe ouer hulle word.
Daardie dag het ek hard gehuil. Gehuil omdat ek ’n tyd om wens waaraan ek eintlik smag om aan vas te hou, want een ding is verseker, dit gaan te vinnig verby.
So, tot hulle werklik aan die wêreld behoort, of dit nou op vier is of op 24, gaan ek dieper asemhaal, meer fluister, baie meer cuddle en dalk, net dalk, gaan ek reg wees vir die dag wanneer hulle my minder nodig het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie