Ope brief aan Namfisa
ROOI OLIFANT SKRYF:
Hoe baie ongelisensieerde leenhaaie, skuldverkopers en tweedehandse winkels in onlangse tye hul al groeiende verskyning maak en lede van Namibiese gemeenskappe ongenadig uitbuit, terwyl Namfisa en ander beheerliggame met die minste bekommernis toekyk, is onrusbarend.
Dit kom aan die lig dat hierdie gewetenlose en brute wolwe hul desperate slagoffers met allerhande jakkalstreke in ’n wurggreep van groeiende skuld dwing.
Eerstens, vra hulle hemelhoë rente van enigiets van 30 tot 100 persent en verontagsaam nasionale leningkoerse wat daargestel word. Selfs gemagtigde geldskieters maak hulle skuldig hieraan. Namfisa is daarmee min gepla.
Tweedens, dwing hulle hul kliënte om hul bankkaarte met geheime pinkodes, sowel as hul identiteitsdokumente en/of items van gelyke of meer waarde soos selfone as versekering te oorhandig. Nodeloos om te noem dat hierdie praktyk straatmisdaad bevorder.
Derdens, is weerbare pensioenarisse hul vernaamste teikens, aangesien hulle ’n versekerde inkomste het. Baie van hulle sien nooit weer hul slimkaarte en identiteitsdokumente nie, omdat hulle deur slu taktieke gedwing word om stygend te leen en so afhanklik van hul leenhaaie te word, wat in sommige gevalle selfs alkoholiese verversings en dwelmmiddels aan hul kliënte leen. Dit skep menige maatskaplike uitdagings vir gesinne, huwelike en gemeenskappe en is ’n teelaarde vir gehawende armoede.
Van hierdie leenhaaie konfiskeer skuldenaars se eiendom en rand hulle selfs fisies aan. Daar word geskerts dat van hulle soms hul kliënte sou toor of dreig of dwing om mee te slaap. Dit gaan woes en wreed in gemeenskappe.
Hiermee herinner die skrywer vir Namfisa aan sy mandaat, om dit tot die letter uit te voer, die Namibiese publiek teen uitbuiters te beskerm en ondersoeke in gemeenskappe uit te voer met die doel om skuldiges vas te trek.
Voed die volk op, stel ’n tolvrye nommer in waar klagtes anoniem kan ingedien en skuldiges aangegee word. Staan op van jul lessenaars en beweeg in die gemeenskappe. Doen julle werk.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie