Oplossings hang van ons almal af
AFGETREDE GRAAD 1-ONDERWYSERES SKRYF:
Kommerwekkende statistiek (Republikein, 1 Julie 2022, bl. 5) bewys dat 57% kinders voor die pandemie en 89% kinders na die pandemie, in Afrika, waarvan Namibië deel is, nie die minimum vaardighede van geletterd het nie.
Sowat 70% van die wêreld se tienjariges verstaan nie ’n eenvoudige geskrewe teks nie. Alhoewel hierdie "leerarmoede" meestal die kinders uit die laer sosio-ekonomiese agtergronde raak, hou dit nie net erge negatiewe gevolge vir die toekoms van ons land se kinders in nie, maar ook vir die toekoms van ons hele Namibiese bevolkings.
Dis verstaanbaar dat die langdurige sluiting van die skole gedurende die pandemie erge skade sou aanrig aan die onderrig en die vordering van leerlinge. Ons is dankbaar dat die pandemie tot ’n einde gekom het en dat die gevolge daarvan nog aangespreek en hanteer moet word. Maar 57% van kinders wat onder normale, gunstige omstandighede nie die basiese lees-en-skryf- en wiskunde-vaardighede bemeester nie, jaar na jaar, is ’n groter uitdaging.
PURE DIEFSTAL
“An uneducated child’s future is stolen.”
Elke kind word gebore met ’n Godgegewe potensiaal wat gedurende hul leeftyd behoort ontgin en ontwikkel te word. Indien hierdie volle potensiaal van ’n kind nie ontgin en ontwikkel word nie, sal so ’n kind se lewe bestaan uit frustrasie en ’n dag-tot-dag-bestaan.
Alle skoolvakke, asook alle verdere studies, soos almal weet, is afhanklik van "lees met begrip".
Hoe moet ’n kind, wat nie die basiese lees-en-skryf-en-syfervaardighede het nie, vorder in hoër grade en verder? Hoe ervaar sulke kinders hul skoolloopbaan daagliks, as ’n sukses of as ’n mislukking?
Hoe voel hulle oor hulself? Hoe moet hulle eendag ’n beroepskeuse maak? Hoe moet hulle eendag ’n redelike salaris verdien om vir hulself, en om nie eens te praat van ’n gesin nie, te sorg?
Elke kind wie se toekoms gesteel word deur onvoldoende potensiaalontwikkeling as gevolg van gebrekkige basiese lees-skryf- en syfervaardighede, sal dalk moontlik besig raak met onder andere ongewenste politieke oortuigings, maatskaplike en sosiale probleme veroorsaak, en sal geen of net 'n beperkte bydrae kan lewer tot voordeel van die land se kundigheid en ekonomie.
In ag genome die hoë persentasie, soos hierbo aangedui, is dit duidelik dat die omvang van die negatiewe uitwerking van hierdie probleem ons land geweldig raak.
ONS ALMAL SE KINDERS
Dis nie enige kinders nie, dis ons eie Namibiese kinders.
Waarom nie begin om te fokus op die werklike dringende probleem en die behoeftes van die onderwysers en kinders in die klaskamersituasie nie?
Uit ondervinding weet ek dat onderwysers dit baie moeilik het om aan die groot aantal leerlinge per klas aandag te gee, te dissiplineer en dan nog ook die sillabusse behoorlik deur te werk.in die beskikbare tyd per dag.
Deur baie jare se ondervinding as ’n graad 1-onderwyseres, weet ek dat dit heeltemal moontlik is vir graad 1-leerlinge om die basiese lees-en-skryf- en syfervaardighede goed te bemeester, indien sekere aanpassings gemaak kan word. Die idee is dat daar nie gapings in die grondslagvaardighede moet wees nie, sodat abstrakte denkprosesse en die skriftelike toepassing daarvan, gemaklik plaasvind. Sodoende kry elke kind ten minste die geleentheid om sy of haar volle potensiaal te ontwikkel.
Daar is selfs die vooruitsig dat graad 12-leerlinge se slaagsyfers aansienlik sal verhoog. Leerlinge sal die voorreg hê om beroepe volgens hulle keuse te maak. So sal toekomsdrome kan realiseer.
Die vraag is: Hoeveel gee ons as Namibiese burgers om, om uit te reik en te help waar moontlik om hierdie probleem aan te spreek en op te los? Kan daar dinkskrums gehou word om voorstelle te maak ten opsigte van hulp, ondersteuning en aanmoediging vir onderwysers en leerlinge? Is daar belonings vir skoolhoofde, onderwysers en leerlinge wat hard werk, alles insit en sukses behaal? Hoe kan die privaatsektor betrokke raak by skole om te help om standaarde te lig?
Indien ons as Namibiërs omgee, saamstaan en saamwerk op welke manier ookal, sal daar verseker ’n permanente verandering en verbetering in die huidige probleemsituasie kom. Dan het ons almal hoop om in ’n toekomstige vreedsame, voorspoedige Namibië te woon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie