Ouderdom
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
My ouderdom pla my nie.
Net die newe-effekte wat kwel.
Kieriepay en geheueverlies.
’n Ondersoekbeampte wel.
In paaiemente sonder rente.
Welgedaan met skete opgestaan.
Opsoek na brille, tanne en pille.
Ooo ja, ’n glas water wat oppi kassie staan.
Ai toggie tog my slippers en wat nog.
Met sug oori krom rug.
Soos ’n borsklawier stoom opbou.
Inni kortgang steunend terug.
Wanatoe op pad, g’n idee my skat.
Wa my twak of issit nat.
My breins moet nog opstart.
Ouderdom issi ’n grap.
My ouderdom pla my nie.
Net die newe-effekte wat kwel.
Kieriepay en geheueverlies.
’n Ondersoekbeampte wel.
In paaiemente sonder rente.
Welgedaan met skete opgestaan.
Opsoek na brille, tanne en pille.
Ooo ja, ’n glas water wat oppi kassie staan.
Ai toggie tog my slippers en wat nog.
Met sug oori krom rug.
Soos ’n borsklawier stoom opbou.
Inni kortgang steunend terug.
Wanatoe op pad, g’n idee my skat.
Wa my twak of issit nat.
My breins moet nog opstart.
Ouderdom issi ’n grap.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie