Ouma se huis
CHARMY SKRYF:
Ek glo baie van ons het pragtige herinneringe van ons oumas en oupas, en ek deel graag my ondervinding.
Ons het grootgeword waar my oupa ‘n paar plase gehad het, en ek het die meeste van die tyd by hulle gebly. As jy kom kuier, kry jy onmiddellik die reuk van opgekookte vleis, bakbrood en vars gepolitoerde vloere.
My ouma het die lekkerste disse voorgesit. Ons het vaal vleis (wat net met sout en peper opgekook was) met uie en aartappels geëet met varsgebakte aartappelsuurdeegbrood en plaasroom. Nie die suurdeegpakkies in vandag se winkels nie.
Ek soek vandag nog daai ekstra groot broodpanne wat sy gebruik het, maar glo dis van die mark af. Ons het nie getraak oor cholesterol en suiker nie.
Ons was van die ou generasie, wat een keer elke derde dag gewas het, en in riviere en onder bome gespeel het. Ons het voëltjies met rekke geskiet en oupa help koeie melk. Ons het afval en sagopoeding geëet, en dit was koningskos.
Ouma het vleis, aartpappels, aartappelslaai en brood vir ons gegee as aandete, en ons het nie vet geword. Dink dis omdat ons altyd so aktief was.
Op die plaas het ouma vir ons krummelpap gegee, en soms vir aandete net gewone mieliepap met botter en suiker in. Ons het kokkewietgaatjies gegrou met die hoop die walglike goggas kom uit, en het Abramboepies skool gegee. Ons het gom van die bome geeët, en turksvye en granate afgepluk.
Ouma het ons nie sommer dokter toe gevat as ons oor- of tandpyn het nie. Sy het kamfer-, soet- of kasterolie op die seerplekke gegooi, dit toegemaak en ons was die volgende dag gesond. Ons het nie van antibiotika geken nie.
Ons het kaalvoet rondgeloop en die enigste tyd wat ons mooi kon aantrek, was wanneer ons vir ‘n uitstappie Windhoek toe gegaan het. Ek dink dis hoekom ons vandag nog so sukkel met ons hakke. Dan word ons hare na ‘n lang tyd gewas en gekam en ons het skoene aangetrek.
Ons nagereg was ook plein jellie en aangemaakte poeding wat in die pakkies was met melk, asook vla wat sy self gemaakhet. Ons het ‘n koninklike lewe gehad.
Dit was lekker.
Ouma het vir ons bloedpens gemaak wat bestaan het uit geklitste bloed met baie vrugte in. Ons het soggens vir ontbyt brood met konfyt wat gemeng is met skaapvet gehad, en vir middagete sommer gebraaide skaapvet (kaiings).
Ons het kamferroom gebruik vir ons lyf en in Sunlight-seep gewas, soms met boerseep.
Elkeen het ‘n spesiale herinnering van sy kleintyd, maar ek glo myne is ekstra spesiaal.
Sy was ‘n ystervrou, sy was my ma, ‘n ma wat altyd skelmpies vir my lekkers en vrugte gegee het, sodat die ander niggies en neefs nie sien nie, al het dit soms na snuif (tabak) geruik.
Ek sal altyd die herhinneringe koester.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie