Paaiemente. . .
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Gegroet wondersoet met paaiemente. . .
Geld inni bank sonner rente.
Bed toe gaan slaap met probleme.
Opstaan met sorge en heenkome.
Smorens vroeg neuk dit maar.
In paaiemente kom ek bymekaar.
Eers my brille en my pille.
My glas water en my tanne.
Ja-Ja, kom bymekaar.
By die bank, raar maar waar.
Oppi knieë soos ’n predikant.
My trane afgevee met dollar en rand.
O gaats, skuldlas is eers seer.
Paaiemente en eelte druk deur.
Geld leen en ouderdom.
Paaiementsgewys aan die kom.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie