Parkering in middestad
WILLEM BOSHOFF SKRYF:
Ek merk dat parkeermeters in die middestad van Windhoek nie meer werk nie. Ek kan ook nie onthou hoeveel jaar gelede ek laas ’n verkeersbeampte gesien het wat parkeerkaartjies uitskryf nie.
Dit wil voorkom of werkers in die middestad feitlik alle straatparkering gebruik om heeldag verniet te parkeer. Die gevolg is dat daar nie meer straatparkering vir kliënte van besighede in die middestad beskikbaar is nie, en dit benadeel besighede in die middestad. Die middestad is besig om dood te gaan, en tekort aan parkering is een van die hoof oorsake. ’n Parkeergarage soos in BPI House het ook baie parkering wat leeg staan, en wat eintlik bedoel is vir werkers in die middestad. Die munisipaliteit verloor ook inkomste.
Wat goed kan werk is ’n stelsel soos in Kaapstad waar daar parkeerwagte is wat parkeergeld invorder. So kry die munisipaliteit inkomste, en word daar meer standvastige werk vir karwagte geskep, en kan kliënte parkering kry.
Sal waardeer as julle die saak kan ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie