Praat saam - 13 Januarie 2023

Besoek Etosha Okaukuejo in Desember 2022. Uiters swak diens oor Kerstyd. Onopgeleide en tekort aan personeel het ons behoorlik warm onder die kraag gehad. Swembad fasiliteit word so oorgeneem deur Etosha-personeel se eie tieners dat die toeriste eerder die hasepad kies. Geen respek word getoon teenoor die ander persone wat van die fasiliteit gebruik maak nie. En die ergste dat by ons voertuig by ons bungalow ingebreek word en ons duur kamera gesteel word en dit op Oujaarsaand. Polisie is ingeroep en saak is aanhangig gemaak maar tot dusver absoluut geen terugvoering. Het heelwat toeriste ontmoet oor die kerstyd 2022 wat beslis nie weer daar sal bly nie. Nee NWR julle sal beslis baie aandag moet skenk veral aan hierdie spesifieke kamp. Dis hoekom die privaat oorde buitekant die kamp so floreer.

CoW do not have brooms to clean the streets. Responsible managers do not answer their phones. What a service and we pay MONTHLY for street cleaning.

Geliefdes. Die tyd is kort om nog met sonde te speel. Jesus se koms is naby. Maak julle klaar om tot onse Here Jesus te bekeer. Geen verlossing sonder bekering. Die Here kom haal net die wat tot Hom in Gees en Waarheid bekeer het. Staanop hou op om lam te le. Dis nuwe jaar. Hou op om sonde te doen. God haat sonde. Maar het hulle lief wat sonde doen, Jer, 3,14. Keer terug tot My sê die Here. My kontaknommer, 081 614 164, Martin.

Lesers. Ek wil saamstem met 'n leser dat daar iets skort met Mariental se drinkwater in die dorp, veral in die bo-dorp. My wit wasgoed is na elke uitspoel vol oranje/bruin kolle!

Gaan grawe 'n gorra in 'n droë rivierbedding en môrevroeg het jy skoon drinkwater..

NWR Dienslewering: Mr Nelson Ashipala. dont tell me, show me.

Die Etosha-park is saam met Kaapstad en die Victoriavalle die drie belangrikste besoekpunte van Europese gaste. Nelson Ashipala se afgesaagde verskonings is net nie meer geldig nie en die storie van voedselitems wat nie beskikbaar is nie, is lagwekkend. Mnr Ashipala dit is tyd dat julle die Etosha-park sowelas al die ander fasiliteite wat julle so chaoties bestuur, privatiseer en aan mense toeken wat die werk kan doen.

Lughawe verwys. Ons het Desember Duitsland toe gevlieg vanaf Hosea Kutako in Windhoek. Eers is 'n piepklein knipmessie met lemmetjie van 2 cm afgeneem as gevaarlike wapen. Groot motorsleutels en skryfpenne is blykbaar nie gevaarlik nie. Net voor ons moes "board", is almal weer in rye laat staan en weer deursoek. Manlike en vroulike passasiers in twee aparte rye, dit wil sê paartjies is geskei, wat my baie aan die ou Gestapo metodes laat dink het. Al wat hulle toe gesoek en op beslag gelê het (gesteel), was sigaretaanstekers. Regtig?

LESERS NWR, die plek moet geprivatiseer word. Daar gaan niks, nie eens diere oorbly as dit so bly aangaan jaar na jaar.

Ek verstom my vir Seniorpark se ondankbare inwoners. Ek is dankbaar vir my plekkie want ek het geen ander heenkome gehad nie. Ek is dankbaar vir elke persoon wat iets vir ons kom aflaai en ek is nie kieskeurig soos sommiges nie. My tuintjie is skoon en netjies. Die opsigter doen sy bes om die dinge wat ons kort uit die regering te kry. Hy is bekwaam. As iets nie netjies is nie maak dit self netjies en hou op om 'n gawe aan ons bejaardes af te kraak of gaan bly elders.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!