Reaksie op rubriek
JOHAN SWANEPOEL SKRYF:
Oor 5 Augustus se gasskrywer se brief in die koerant net die volgende:
Ek dink dat die onderwerp van die brief, asook die tema nie sleg is nie en baie van toepassing op ons gemeenskap is, maar die brief is vulgêr en behoort nie in ’n nasionale koerant geplaas te word nie.
Die suggestiewe manier van die woord suig tot ’n seksuele konteks, die woorde “deur sy eie stront val”. Waar het julle toestemming gekry om dit te plaas in ’n familiekoerant, wat deur kinders gelees word?! Dit is onaanvaarbaar, om nie eers te praat van die lastering wanneer gepraat word van, “Jirre, die ou man was in die kol”. Behalwe dat dit vulgêr, lasterlik en vuil is, is dit ook kommin.
Asseblief, julle is beter as dit, gedra julleself waardig van iemand wat ’n mondstuk van die land verteenwoordig, die koerant – soos in die ou dae – het nog gesag, moenie daai gesag wegsmyt en julleself skaar by die goddelose nie. Ons is een van die min Christelike lande met Bybelse beginsels in ons Grondwet en kultuur. Respekteer dit asseblief en onthou, in die woorde van die wyse Salomo: “God sal rekenskap eis van elke daad wat mens pleeg, of dit goed was of sleg.” – Prediker 12:14.
Ook sal Hy rekenskap eis van elke berig wat geplaas word.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie