Reeds met Christmas holiday
REHOBOTH-INWONERSGROEP SKRYF:
Ons is mense wat in Blok G in Rehoboth woon. Die hele jaar al het ons probleme met die dreine en die dorpsraad kom maak nie leeg nie. Die lorrie is kamma gebreek.
Daar is een man wat gekom het op sy eie, maar hy kan ook nie alles uitpomp nie. Die vuilgoed loop maar oor en nou al in die strate af.
Ons vra al lank by die dorpsraad, maar hulle kom doen niks. Ons kan nie so bly nie.
Mense in Windhoek het probeer help en met die dorpsraad en ook die burgemeester gepraat, maar daar gebeur niks. Maand terug, kamma al met “Christmas holiday”, af. Eers in Februarie sal hulle kamma kom help. Dit is dan nog nie “Christmas holiday” nie, hoe nou so?
Ons gaan dood van die stink en vuil. Ons kinders en diere is in die gemors.
Agtien name en huise se nommers is opgeskryf en gestuur na die dorpsraad en die burgemeester, maar niks gebeur. Het lankal foto’s ook getuur, maar niks gebeur nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie