No Image Caption

Regering versterk “armoede”

Mandy Rittmann
MARIE WAGGIE SKRYF:

Dit is nou stemtyd en die regering is nou so besig met “droogte korrel”-uitdeelaksies. Dit is van ’n ryskorrel tot die 650 Namibiese dollar vir die “werklose” burger.

Dit is maar ’n afleiding, dat dit ’n oplossing vir werkloosheid moet wees, wanneer jy na die vereistes kyk om hierdie geld maandeliks te ontvang. Dit is ’n seeroog by die registrasiekantore, want die meeste van ons mense wat in hierdie eeue lange rye gaan staan, is jonk, gesond, en vindingryk. Mense wat in ’n gemaksone van omstandigheid vasgevang is en nou verder gedwing word om vir altyd daarin te bly.



REHOBOTH

Rehoboth se mense is talentvol en slimkoppe. Hulle nodig motivering en geleenthede, sodat hulle kan “rise and shine”. Die land is ’n getuienis van Rehoboth se inwoners waar oral die mooiste en hoogste geboue opgesit is. Ek praat nie van die inwoners wat daagliks tussen Windhoek en Rehoboth reis om hul talente en vaardigheid in Windhoek te gaan toepas nie.

Neem die inwoners van Rehoboth uit elke besigheid in Windhoek, en ek glo dat die besigheid vir die dag tot stilstand geroep is. Dit is die karakters van ons kinders. Daarby is hulle lojaal en toegewyd. Vir die wat dit moeilik is, sluit alreeds die kostes van vervoer en ook die verblyf in Windhoek om werke te kan aanvaar. Op die ou einde dek jou salaris net jou huur of vervoer. Dit is nommer een die tipe dinge wat nagevors moes word, soos bekostigbare publieke vervoer tussen Rehoboth en selfs ook Okahandja.

“Armoede” is die samestelling van behoeftigheid, haweloosheid, werkloosheid en dakloosheid. Die lysie kan aangaan met nood, tekort, gebrek. Die regering kyk net na die laaste gedeelte, want dit is wat 650 dollar beteken. Dit voorsien net in die onmiddellike nood of behoefte en wat daarna.

In die groter “prentjie” bly die mense haweloos, dakloos, werkloos, en vasgevang in geen visie of “vooruitsig vir ’n blinker toekoms nie”.



VERVALLE GEBOUE

Hier in Rehoboth staan vervalle geboue, wat die regering kan gebruik om beroepsentrums op te rig. Dit kan die jongmense geleenthede bied om skrynwerk, meganiese werk, koekbak en naaldwerk onderrig te ontvang. Ons het houtwerk, tuinbou en naaldwerk op skool gedoen. Dit is nie meer ’n vak op skool nie. Dit is waar ons nasate selfopbouend kon word. Met hierdie vaardighede het hulle ’n lewe geskep en vir hul gesinne daaruit gesorg. Ons het die pragtige rivier waar tuinbou aangel? kan word en mense word selfstandige en selfversorgende individue. Ek kan my nie voorstel hoedat daar ’n groot verandering in die Rehoboth-gemeenskap sal kom. Dit is om vir ’n mens ’n identiteit te gee van waardigheid.

Die potensiaal vir werkskeppende geleenthede met hierdie 650 is onbeperk. Ons sit met koekbaksters, naaldwerksters, skrynwerkers, meganiese werkers in Rehoboth wat gebruik kan word om hierdie vaardighede na die volgende generasie oor te dra. Hierdie generasie kan weer in staat gestel word om vir hul kinders ’n beter toekoms te bewerkstellig. Ek sien ’n prentjie van elke inwoner van Rehoboth op sy eie stukkie grond.

Hier in Blok C skep ons mense daagliks water by die warmwaterbron. Die mense sit voor die winkelstoep, dit sluit selfs ons oumense in om te “bedel”. Ouers wat al oor die 60 is, doen nog huiswerk om die pot aan die kook te hou, en dit is nou die jong kinders wat veronderstel is om vir die ouer te sorg, wat vir die “handouts” gaan staan.

Ek wens ek kon weet wat die hele begroting is, vir ’n beter beplanning. Voed die mens vir een dag vis, en laat hom honger kry vir al die dae van sy lewe.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° #VALUE! #VALUE!