Roer, vervoer
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Ek roer vir jou ’n dosis liefde
Tussen die suiker en koffie in
By voeg ek in oormaat geduld
Geduld is niemand se skuld.
So tussen die warm woestyn en kou grou blou oseaan
Voeg ek by glimlagte baie
Ingeroer
Knippie seelug in jou ingewande vervoer
’n Seebries om jou hartsnare te roer
Warm Namibson sodat jou vel kan gloei
Op jou pad ’n wandelstaf met seën
’n groooot sambreel virri reent.
Ek roer vir jou ’n dosis liefde
Tussen die suiker en koffie in
By voeg ek in oormaat geduld
Geduld is niemand se skuld.
So tussen die warm woestyn en kou grou blou oseaan
Voeg ek by glimlagte baie
Ingeroer
Knippie seelug in jou ingewande vervoer
’n Seebries om jou hartsnare te roer
Warm Namibson sodat jou vel kan gloei
Op jou pad ’n wandelstaf met seën
’n groooot sambreel virri reent.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie