Só word tyd gemors
ANONIEM SKRYF:
Aandag: Ministerie van onderwys:
Dit het betrekking op die aangehegte, as jul dit ook kan plaas. ’n Graad 10-leerling is dié lys gegee om saam te bring as die skole heropen: ’n riem fotostaatpapier en Cobra-vloerpolitoer. Die leerling is huis toe gestuur toe die skole begin het en gesê hy het nie volledig registreer nie, omdat die vloerpolitoer wat hy ook moes saam met die fotostaatpapier bring, uitstaande was. Omdat die ouer op die spesifieke tydperk dit nie kon bekostig nie, moes die leerling maar die hele week van die opening van die skole by die huis sit. Ek sou miskien verstaan het as dit minstens die fotostaatpapier was, maar ’n kind weghou van die skool ter wille van vloerpolitoer? Dit terwyl die skoolfonds vol betaal is?
Hoe kan die druipsyfer nie hoog wees nie, as daar met onbenullighede tyd gemors word, en dit was baie leerlinge.
Ek bedoel, as dit oor higiëne gaan, vloer kan mos met water en seep gewas word, daardie is mos ’n luuksheid, of is ek verkeerd?
So word tyd gemors, en dan kom einde van die jaar, dan is sillabusse nie klaar nie en word daar gehaas en kinders druip.
Of dink ek verkeerd?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie