Sagkuns reent
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Saggies kom fluister jy in my oor.
Reent druppels wat my hart bekoor.
Sewe na twaalf middernag.
Oppi draadloos het ons jou verwag.
Legkaartwolke kom met volmaan.
Nie gepla fluisterend kom jy aan.
Geen swepe of dromme wat klap.
Lafenis versteur die nagslaap.
Oppi twaalf suide maak vrede.
Reent val sagkuns in my rede.
Keetmans se fluistering.
Het my in vervoering gebring.
Jy plof-plof sagkuns neer.
Jou spoor soos ’n traan oppi venster.
Stofpad en teerplad effe glad.
Fluisterend die kokerboom benat.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie