Simkaartregistrasie hopelik die antwoord
GERRIT DU RAAN SKRYF:
Alle wanbetalers wees gewaarsku! Ene menere Traut en Van Heerden, voorheen in die top- finansiële bestuur van Telecom het nou ook vir Stad Windhoek by hulle portefeulje gevoeg. Bel jou sommer op ’n Vrydagmiddag vieruur, laaste dag van betaling, dat jou water binnekort afgesny gaan word, ongeag jou betalingsbewys wat hulle nog nie bereik het nie. ’n Ou probleempie wat dadelik opgelos kan word, spesiaal vir pensioenarisse. Dan is daar nog ’n sersant Labuschagne wat ingeroep kan word, indien die arme pensioenaris hulle nie met respek antwoord nie.
Die nommer 081 745 6440 vanwaar hulle jou skakel, is ook skielik onbereikbaar wanneer jy wil terugskakel. Hopelik sal die simkaartregistrasie-veldtog ’n einde aan die geheimsinnigheid rondom hulle identiteit maak.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie