Skedelkus
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
By Toscanini diamante gegrou
Toeka se blink in goud onthou
So tussen blou en hemelgrou
Skedelkus gekliek om te onthou.
Daar inni Ugab gety
Dril flaminke sy aan sy
Die appelkoos duin warm en hoog
Gryskombers sal jou betoog.
Die stilte by die skeepswrak
Eens trots versier op papier
Olieboor by Toscanini draai
Jakkals tjank by Springbok-wasser kwaai.
Sonskyn en visvang by Torrabaai
Asemrowend gekliek en verfraai
Duskant die Kunenemond
Groet suidwes die oggendstond.
Ugabhek se skedels verbleik
Skedelkus het ‘n hartseer uitkyk
Soutpad na tweespoor verdraai
Skedelkus sal altyd hartsnare verfraai.
Onder warm woestyngrond is water skaars
Dors ja droog my oë vertroos
Myle se mirages is grim
Belofte van water is baie min.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.
By Toscanini diamante gegrou
Toeka se blink in goud onthou
So tussen blou en hemelgrou
Skedelkus gekliek om te onthou.
Daar inni Ugab gety
Dril flaminke sy aan sy
Die appelkoos duin warm en hoog
Gryskombers sal jou betoog.
Die stilte by die skeepswrak
Eens trots versier op papier
Olieboor by Toscanini draai
Jakkals tjank by Springbok-wasser kwaai.
Sonskyn en visvang by Torrabaai
Asemrowend gekliek en verfraai
Duskant die Kunenemond
Groet suidwes die oggendstond.
Ugabhek se skedels verbleik
Skedelkus het ‘n hartseer uitkyk
Soutpad na tweespoor verdraai
Skedelkus sal altyd hartsnare verfraai.
Onder warm woestyngrond is water skaars
Dors ja droog my oë vertroos
Myle se mirages is grim
Belofte van water is baie min.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie