Briewe
Briewe

Skelmstreke

Mandy Rittmann
CHRISTO VENTER SKRYF:

Wees gewaarsku.

Ek het vanoggend ’n oproep ontvang van ’n sogenaamde lid van die stadspolisie. Hy het gesê hulle gaan my in hegtenis kom neem vir verontagsaming van ’n rooi verkeerslig, en dat ek nie ag geslaan het op ’n dagvaarding nie.

Die persoon was uiters arrogant en het geweier om sy naam te verstrek. Hy het eers my vriend – met wie se motor ek glo die oortreding begaan het – geskakel en my naam by hom gekry. Eerstens sou ’n dagvaarding aan my vriend uigereik word en nie aan my nie, want hulle het voorheen geen inligting van my gehad nie.

Hy het ook gedreig om my dadelik in hegtenis te kom neem en tronk toe te vat, waarop ek gereageer het, dan moet jy maar kom. Hierdie is beslis ’n skelmstreek om geld van onskuldige persone te kry. Sy selnommer is 081 336 184 en toon op my selfoon as “Suspected Spam”.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!