Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Skok, woede en teleurstelling

Dani Booysen
GYS BURGER SKRYF:

Ek kan niks anders as skok, woede en teleurstelling uitdruk nie oor wat ek in die berig "CoW het plan vir beroerde geldsake" in Woensdag, 27 Julie 2022 se uitgawe van die Republikein gelees het.

Ek is opgelei as 'n siviele ingenieur. Ek het beide 'n baccalaureus- en meestersgraad in siviele ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch. In my meer as nege jaar wat ek in die privaatsektor in die raadgewende ingenieursbedryf gewerk het, het ek nooit die tipe salaris ontvang wat 'n busbestuurder in die Windhoek-munisipaliteit verdien nie. Uit verdere gesprekke met kollegas in die bedryf blyk dit asof 'n munisipale busbestuurder meer geld verdien as die gemiddelde siviele ingenieur met meer as 10 jaar ervaring.

Hoe op dees aarde kan 'n munisipale busbestuurder N$50 000 'n maand verdien? Vir wat moet ek my kind motiveer om uitmuntend te wees met wiskunde, wetenskap, biologie, rekeningkunde ens. en om verder op universiteit te gaan studeer as 'n busbestuurder meer as hy sal verdien?

Alles gaan nie oor geld nie, en tevredenheid in 'n beroep is meer werd as goud, maar ons kan nie hierdie realiteite ignoreer nie. Dokters, prokureurs, rekeningkudiges en ingenieurs is veronderstel om meer as die gemiddelde werknemer te verdien; nie omdat hulle 'n graad het nie, maar omdat hulle werk baie verantwoordelikheid eis.

As 'n sivielie ingenieur se ontwerp of uitvoering daarvan onvoldoende is, kan dit tot groot ekonomiese en sosiale skade - en selfs lewensverlies lei. Hoë risiko gaan gepaard met groot verantwoordelikheid en dus ook met beter vergoeding. Dit geld vir enige werkende persoon met groot verantwoordelikhede.

Andersom gestel, meeste mense sal liewer 'n bus by die munisipaliteit wil ry as om 'n siviele ingenieur te wees, want dit vereis heelwat minder opleiding en verantwoordelikheid en betaal nog beter ook daarby.

Die Windhoek-munisipaliteit is besig om 'n verwronge indruk van die werkende klas te skep en is totaal uit voeling uit met die mark en samelewing. Dis vir my baie moeilik om hierdie saak as enigiets anders as walglike wanbestuur en korrupsie te sien.

Terwyl hierdie absurditeit nog voortgaan, kan ons busbestuurders nogals lekker voel om te weet dat hulle meer verdien as die ingenieur wat die pad ontwerp het waarop hulle ry.

[Nota: Die salaris van N$50 000 per maand vir busbestuurders sluit voordele in, maar die kontantkomponent moet steeds aansienlik wees. - Redakteur]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!