SMS’e 16 Desember 2022
Mariene akwakultuur, Langstrand. Verskaf asseblief vir ons ’n landkaart gemerk waar dit beplan word.
Stut Sethie se skorsing van rugby: Dis absoluut onsin en arrogant dat WR verwag spelers met sogenaamde opleiding daaroor en al, bewus moet wees van moontlike verbode middels! Ek is geen dokter, maar enige bloeddrukpil het newe-effekte. Om te probeer knoei daarmee is plein dom en so ook WR se reëls. Dan kan jy ook net ’n waarskuwing kry of twee jaar! Om die onus op die speler te plaas dat hy vrywaring moet kry, is slu skuiwergat soek van WR. Later spandeer die manne meer tyd met boeke, navorsing en in apteke as in skrums! Absurd!
Mense, laat hierdie vloed ons oë oopmaak vir wat kan gebeur. Wat word gedoen om voor te berei vir die dag as ons ook sit met ’n kragkrisis, wie neem verantwoordelikheid in die saak?
Ons land is besig om soos RSA te word. Sinkhuise slaan soos paddastoele enige plek op by dorpe of langs die pad. Lyk my daar is geen beheer by dorpe nie, of ontbreek die wil om op te tree. Daar is ook geen water of rioolstelsel. Ons aarde word ashoop en grondwater besoedel.
NWR-kompetisie van stapel gestuur, deel jou NWR-oomblikke. Kan net in hul gesig ontplof. Onvergeetlike oomblikke is meer nagmerrie-oomblikke wat jy sal beleef by hul oorde.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie