SMS
SMS

SMS’e 19 Julie 2024

Mandy Rittmann
NamRA, hoe verklaar u dit: Taxi’s en game drivers verdien meer as veeprodusente en betaal nie belasting nie, terwyl noodverkope weens die droogte vol belas word?

Kan iemand my tog sê waar kan ek gaan om ook die 500 dollar te kry wat baie ander mense kry, of is dit net weer sekere mense wat voorkeur geniet.

Noodtoestand? Al hoe meer boorgate is besig om op te droog as gevolg van die droogte, en onverantwoordelike plaasboere wat nog besproei uit boorgate wat nie daarvoor kwalifiseer nie!

Almal het toegekyk hoe die mopaniebome afgekap word en niks gesê nie, en nou word die koleprodusente wat by die voorwaardes gehou het bygekom.

Ek het dit self beleef dat ‘n polisievoertuig by ‘n ongeluk waarby ek betrokke was verby ry, maar dat ‘n GRN-ambulans sonder sy noodligte aan rustig by ‘n ongelukstoneel verby ry. Daar was seker weer vleis, passasiers ens. in die ou vleislorrietjie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!