No Image Caption

SMS’e 27 April 2023

Telecom/Iway is tipies soos alle ander staatsinstellings, hoe wil jy diens verwag? Twee weke geen ordentlike e-posdiens nie!

Ek wil net weet ’n sekere versekering neem twee weke om ’n eis te betaal, presies op die einde van die maand trek hulle premie af. Pateties! Ek gaan in koerant julle naam bekend maak.

Mnr. Booyens, baie dankie. Wil net dankie sê vir alles; wie en wat u vir ons is. Dankie vir die omgee en die mens-mens wat u vir ons is. Goedheid en guns.

CCNBC ek wil tog net sê baie, baie dankie, ons (ek) waardeer dit en is baie tevrede met wat ek gekry het.

Ek wil graag klarigheid by banke kry. As jy weens Covid-afdankings en besighede wat gesluit het skielik werkloos is. Nou word jy op ITC gesit wat verhoed dat jy weer werk kry. Nou hoe moet jy jou skuld delg as jy nie werk kan kry weens ITC nie? Dit is baie diskriminerend teenoor so ’n persoon, veral as hulle kan sien op sy/haar rekord oor die jare heen dat dit skoon was. Nee die banke is honger geldwolwe wat net bloed uit ’n klip wil tap. Ek huil saam met my seun wat weer eens nie ’n werk gekry het weens ITC op sy naam!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer