SMS’e 8 Februarie 2022
“...land se regstelsel.”
Gert Jacobie, wanneer verskyn al jou skryfsels, rubrieke en annerlike skriftelike bydraes in boekvorm? Ons sien uit daarna. Groete. - Peet Harmse
“Dishing out erven” deur Okahandja-munisipaliteit. Wat ’n uiters swak beskrywing van so ’n kernvraagstuk in ons land se huidige sosiale opset. Moet dit teen dieselfde agtergrond soos sopkombuise of vistoekennings beskou word? - P. Venter sr.
Wanneer gaan motoriste nou weet hoe ver jy die stadiger spoed op Karabib-Swakop-pad moet ry? Tans lyk dit na 19 km. Kan dit reg wees?
Ek kan nie verstaan nie. Hoe werk ons land se regstelsel. Vyf bokkapaters ter waarde van N$20 000 van my is gesteel. Die dief is uit op N$500 borg hier op Bethanie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie