No Image Caption

SMS’e vir 1 November 2022

Mandy Rittmann
Ek lees in vandag se Republikein die berig oor die uitvoer van litium. Ek is seker dat dit wettig gemyn word en dat dit wettig uitgevoer word. Dit is duidelik dat die minister nie weet wat in die land aangaan nie. Ek wonder maar net wie gaan die myn en die werkers instand hou tot tyd en wyl daar eendag ’n verwerkingsaanleg in Namibië gebou is en inwerking gestel is. Asseblief mense begin dink ook.

Ek skaam my dood vir die toiletfasiliteite op Noordoewer, as jy oor die grens moet beweeg. Dit is donker en vuil. Dit skep ’n agterlike indruk van ons land vir toeriste. Doen asseblief iets daaraan!

Wil net weet, of ons as familie tog weer kos vir ons familie kan gaan gee op die groot dae in Desember by Windhoek Korrektiewe Dienste soos voor Covid. Op die 25ste en 26ste Desember en 1ste Januarie. Covid is mos nou onder beheer.

Karasburg se verkeersmanne. Julle kan ure sit en kyk hoe die voetgangers die strate vol staan en drentel. Die motoriste kan nie ry so vol is die strate van voetgangers nie, maar jul doen absoluut niks daaraan nie. Julle kyk ook nie na die vragmotors wat die dorp kom injaag nie. Nee, julle sit en hou ’n stopteken dop vir ure. Is julle te bang om die mense aan te vat?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!