SMSe (002)
SMSe (002)

SMS'e vir 10 Maart 2022

Die skole en koshuise kan nie elke 5 jaar tot 15 jaar instand gehou word nie. Dit is ’n daaglikse instandhoudingsproses. Daar kan nie gewag word tot geboue onbruikbaar is nie. Die visvangminister sê ons is ’n omgeeland. Gee ’n slag om vir die mense in Namibië. Hou alle omgeegeld asseblief in die land, ons kan nie omgee terwyl ons eie mense ly nie. Bring Fishrot-geld terug na ons land en spandeer dit op die mense van Namibië.

Okahandja-munisipaliteit, die bedrae waarteen julle die waardasies van komplekse bereken het, is skrikwekkend. Baie pensioenarisse het in meenthuise belê en sal nie hierdie tariewe kan betaal nie. Dit sal ’n reeds verarmde dorp nog armer en sukkelend maak.

CoW, maak tog asseblief plan om die kante tussen Mahatma Ghandi- en Randstraat skoon te maak in Khomasdal. Ons het probleme met diewe en slange en muskiete vreet ons op.

CoW, die riool loop in die rivier dag en nag. Kan die stank nie meer uithou nie, stuur iemand om self te kom kyk. Randstraat en Mahatma Ghandistraat asseblief.

Wanneer gaan Namibië wakker word en van die maskers ontslae raak?

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer