SMS’e vir 10 Maart 2023
Die brief van Anonymous aan Allister in Republikein van Donderdag 9 Maart het betrekking: Die persoon is spot on! Die ekskursies na die streke is goed en wel en word waardeer, maar dit moet die fokus van NRU wees. Klubrugby is onlosmaaklik hulle prioriteit! Gemeenskapsrugby is dood en so ook ons voedingsbron aan klubs. Kom ons werk aan die vierjaarsiklus, om meer professionele spelers nà die Wêreldbeker in die mark te kry. Dis hoe ons ons getalle kan opstoot. Krieket is ’n uitstekende voorbeeld. Rugby-groete. – Robbie Thompson
Die persoon in brief van 8 Maart wat op GPS-spoed ry en toe gevang is, net die volgende: jou GPS neem ses sekondes om sein na naaste satelliet en terug te sein. Dus is sy lesings stadiger as motor se werklike spoed en die verskil kan tot 8 km/h wees. Jou lucky dag gewees!
Elvira se sê maar net, Dinsdag 7 Maart het my nou laat skater van die lag. Hier in die suide is dit Johan Vellestoor, Johan TRC, Johan Dominee, Johan Oubos, Johan Oubaas, Johan Spekulant ens., ens. – Van nog ’n Johan
Karasburg-dorpsraad, wanneer word die interlock-pad van die hospitaal klaar gebou. Hoekom sien julle nie die gebrek van die dorp nie, wat maak julle op die stoele, sit julle om die werkers dop te hou wat elke dag werk? Karasburg-leiers praat nooit op die lug nie soos ander dorpe se leiers doen. Is pateties, pateties!
Kan die dame wat by Karasburg Town Council werk, goeie maniere gaan leer, sy is baie onbeskof. Is nie jou kantoor nie, is ’n instansie! Die dame van die Regional Council-kantoor, Karasburg het baie slegte en swak menseverhoudings. Ons het haar daar geplaas, groet jou nie eens nie, ry verby ons en sê Karasburg-inwoners het nie vir haar gestem nie, maar het stemtyd by elkeen se huis gestop! Sy tel ook nie die telefoon op, of kom nie terug as jy met haar probleme gaan bespreek nie. So ’n leier soek ons nie!
Government and unions please improve your service to the public who pays your salary. Government please implement an easy system to monitor your employees (like in the private sector). Name tags for each servant. Customer rating box at each department. Rating box for employees and on improvement/streamlining of that specific department. Private sector in control of above system, N$30 billion 42% of total budget for plus minus 13% of population is unfair – Anonymous.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie