No Image Caption

SMS’e vir 10 Mei 2022

Minister Nghipondoka.U prescribed text books to schools which are not manufactured anymore. Why? That company closed in 2020. Please recommend other text books of an existing company. How do u want learners to study without text books?

Keetmanshoop munisipale raad, doen iets aan die volgende: Daar is nie meer kontrole by die sportstadions nie. Jy kry 3 tot 5 sportkodes wat op dieselfde tyd op een veld oefen. Sportvelde word so uitgetrap, daarby kry dit ook net water, geen ander versorging. Die swembad is met baie geld reggemaak, maar kon nie eenkeer oopmaak nie. Krönlein-stadion het ook baie geld gekos, maar kan nie gebruik word nie. Raadslede, wat doen julle? Ons het julle gekies sodat ons dorp moet ontwikkel en nie agteruit gaan nie. Staan op en doen iets daaraan!

Liefhebbers van doef-doef-musiek belê groot daarin. Eers die regte motor waarin die grootste luidsprekers sal pas, dan die klankstelsel wat miljuisende dollars kos, dan is die groot seun gereed om die res van die bevolking se ore met die helse lawaai te poetineer. – Pietrossi

Loop my vanmôre weer lelik vas teen ’n grootbaas by Home Affairs wat reken hy is te besig vir klante. Alhoewel hy agter ’n oop toonbank sit, moet ons glo gaan sit en wag, want meneer reken hy sal nog so ’n uur besig wees. Die vermetelheid! En dit by ’n toonbank vir ambassades? En dit in ’n miljard N$ se nuwe gebou? Geval van nuwe gebou, ou vrot diens?

Pasop vir een supermark by Maerua. 1 kg All Bran Flakes was N$65, nou N$105. Kan jy dit glo?

Ek wil weereens aan die gesin wat gister by die krieketgrond, Olympia was baie baie jammer sê dat my hondjie hom so sleg gedra het. Dit was nou my skuld ook uit en uit en ek het ook nou ’n les geleer, wat nooit weer sal gebeur nie. Jammer outjies, ons het net so groot soos julle geskrik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!