SMS’e vir 11 Maart 2024
Help met raad, asseblief. Waaroor gaan mense aan as jy voor hulle huis parkeer. Is dit nie munisipale grond nie? So, as dit is, kan munisipaliteit asseblief daai pale uit laat haal, of ek ry dit uit. Dankie.
Wanneer gaan die Tsumeb-verkeersafdeling die halfblinde ou dame van plus minus 80 wat in die middel van Tsumeb se strate rondry, inperk? Sy kan nie meer sien hoe om te parkeer nie. Hoe het sy in elk geval haar lisensie hernu gekry? Deur omkopery? Moet ons nou maar geduldig wag tot sy ’n ongeluk maak en/of iemand doodry, voor daar opgetree word?
O magtige dorpsraad van Aroab. Hoe word ’n vergadering met die hand wat jou voed van die hand gewys. Drink julle nie ook water nie?
Die kapitaal en die vermoë van die plaasboere om uit gras welvaart vir Namibië te skep, kom op ’n end.
Donkerhoek-inwoners, wees op jul hoede vir ’n inbreker. Baie skerp, hou mense se bewegings dop.
Ons Hemelse Vader wat droogte gee, is dié een wat vir ons reën ook gee. Ek verstaan nie waarom ons, onsself asook ander mense moet besig hou met allerhande dinge wat betref die weer nie. Kom ons gebruik daardie tyd en sak af op ons knieë en bid tot ons Hemelse Vader. Hy is in beheer van alles waaroor ons sit en onsself bekommer. Moet ons nie heel eerste met ons Hemelse Vader in gebed tree nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie