SMS’e vir 12 Maart 2024
Die kapitaal en die vermoë van die plaasboere om uit gras welvaart vir Namibië te skep, kom op ’n end.
’n Antwoord op die leser wat kla oor parkering op sypaadjies. Ja, as jy dit moet skoonhou en onderhou, dan is die munisipaliteit gou om te sê dis joune, so kom ons sê dan dis joune. So moet dan nie daar stop nie, so los die paaltjies uit, dis nie joune nie.
DSTV. Sien boodskap dat nog twee kanale 103 en 115 beeïndig word. Hoe duurder premies word, hoe meer kykbare kanale word weggeneem. Wonder net watter nuwe kanale gaan bygesit word.
Donkerhoek-inwoners, wees op jul hoede vir ’n inbreker. Baie skerp, hou mense se bewegings dop.
Ons Hemelse Vader wat droogte gee, is dié een wat vir ons reën ook gee. Ek verstaan nie waarom ons onsself asook ander mense moet besig hou met allerhande dinge wat betref die weer nie. Kom ons gebruik daardie tyd en sak af op ons knieë en bid tot ons Hemelse Vader. Hy is in beheer van alles waaroor ons sit en onsself bekommer. Moet ons nie heel eerste met ons Hemelse Vader in gebed tree nie.
Nou dat die president afgesterwe het, hoekom word die president se vrou nie president nie, want as enige ouderlinge afsterwe, dan word hulle se vroue as ouderlinge aangestel? Of kan president Hage Geingob se groot seun nie president word nie? Ek vra maar net.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie