SMS’e vir 12 September 2022
Kan die Keetmanshoop munisipale amptenare verantwoordelik vir die instandhouding van ons dorp se swembad, asseblief verduidelik hoekom die swembad nooit kon oopmaak na herstelwerke gedoen was en so baie geld spandeer was, as hulle geweet het die fasiliteit sal nie gebruik word nie. Dit maak nie sin nie, geld kan nie so gemors word nie en dan is die swembad nou liewer ’n wit olifant. Dit lyk of niemand traak nie en iemand daaruit voordeel trek.
Kan die persoon verantwoordelik, aan die gemeenskap verduilik wat hy gedoen het met al die herstelwerke by die munisipale swembad, dat dit nou nie meer oopmaak vir gebruik nie en daar duisende Namibiese dollars uitgegee moes was vir herstelwerke?
Dis tragies dat ’n geliefde verloor word deur mediese nalatigheid. Weereens is ’n staatshospitaal betrokke. Word privaathospitale se blapse net beter toegesmeer? - Robbie Thompson
Wat Gert Jacobie 30 jaar gelede in “Sê Maar Net” oor telefone gesê het, sal hy seker vandag weer sê oor selfone.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie