No Image Caption

SMS’e vir 12 September 2023

Sanet Pearson
Met die All Blacks wat deesdae maar bra power vertoon, kan Namibië geskiedenis maak daar in Frankryk. The Land of the Brave. Our Country our Pride!

Ek betaal vir 43 jaar ’n gemiddeld van N$3 800 belasting per maand. Nou kry ek, as ’n pensioenaris, ’n skamele N$1 400 per maand. Wat ’n skande. Ek weet waar sal ek volgende jaar my kruisie trek.

Polisiedossier raak soek, word opgespoor, maar is nou onvolledig – en dit bly onvolledig – hoe is dit moont­lik en word daar ooit ondersoek teen betrokke amptenare geloods?

The minister of defence and veteran affairs’ reaction to concerns of the veterans of the liberation struggle is like showing them the middle finger. Very sad.

Die City of Windhoek (CoW) en andere moet rêrig wegdoen met die sogenaamde “debt collecting companies”. Dié instansies is net daar om bloed uit ’n klip te tap. As hulle jou bel, is dit op jou onkoste, as hulle e-pos is dit op jou onkoste, alles kom op jou rekening. Dis net alles ’n geldmaakfoefie, en dié soort besighede is volop in Namibië. Van die munisipaliteit, banke, die mediese professie maak almal gebruik van dié maatskappye. Jy kan skaars die rekening self betaal, hoe bekostig jy die rente en al die onnodige koste wat bygesit word. Dis net die vetpense in politiek en elders in hoë poste wat vir “comrades” gereserveer word wat hope geld het, en hulle steur hulle duidelik nie aan die hulpkrete van die man op straat nie, want dit skeel hulle só min. Waar is die parliamentary standing committee on finance, om dié soort klagtes te ondersoek?

NBC TV – hoe kan julle op ’n Vrydag Whatagwan speel op al twee kanale? Is dit moontlik om alle repeats naweke van alle soapies te stop? Ons het dit klaar in die week gekyk! Speel eerder al daardie movies wat ná 11 uur speel in die aande, dan naweke asb. tog. – Van ’n opgesukkelde Windhoeker

Eens ons – Ons skryf maar weer ’n gediggie oor ons eie gehuggie. Glorieryk en glo laat ons kwaad nie verbo. Wie is van hie en wat is van da. Loop maar oor die aarde van die erde en die snerte van dat heen vind ons een geen want ons is dit eens. Eens ons.

Kaptein, O kaptein! Waarom die skielike hand-om-die-blaas met die politieke antagonis, Swapo? Waarom die sigbare opgewondenheid op u gelaat toe ’n portretskildery van u deur die Swapo-presidentskandidaat gedurende haar onlangse besoek aan Rehoboth aan u oorhandig is? Is dit nie dieselfde mense wat u nie as tradisionele leier erken nie? Dieselfde mense wat u volk se grond van hulle vervreem het? Dieselfde mense wat Rehoboth polities verguis as ’n nalatenskap van kolonialisme? En die kerk? As “gewete van die staat”, watter morele en etiese riglyne bied die kerk vir die volk in sy uur van verwarring en verdeeldheid? Kaptein, span gerus die seile! Maar hoekom na die wind?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer