SMS’e vir 13 April 2022
Oor die sprinkaanplaag in die Suide: Eerstens wil ek die boerderygemeenskap bemoedig in hul stryd teen die sprinkane. Ons mense in Omaruru het 'n omgewingfonds. Dit kan gebruik word om byvoorbeeld gif aan te koop, sodat ons die sprinkaanplaag effektief kan bekamp. Ons kan nie soontoe ry nie, maar mense met wie ek gepraat het, is bereid om finansieël te help. - Yster van Omaruru
Voor mense maskers begin dra het, het hulle hul hand voor hul mond gehou as hulle nies of hoes. Toe kom die maskers en begin mense in hulle maskers nies. Gou was die hand voor die mond vergete. Sonder maskers sien jy geen hand voor die mond nie en word daar goedsmoeds in jou gesig genies of gehoes asof dit ’n alledaagse verskynsel is. Dit voel vir my of die komende winter ’n nagmerrie gaan wees!
Miss Yvonne Dausab. Ek soek hulp, want as ’n mens in Rehoboth complains gaan insit vir maintenance, dan word dit gegossip. Ek maak erg. ’n Bekende man wat daar werk. Nou ek kry swaar, van nou af moet ek in Windhoek gaan complain, sodat jou siel kan rus.
Die lekkerste plek om by te stop, is Grill & Go in Mariental. Goeie en vriendelike diens by die vulstasie, sowel as in die winkel. En daar is geen bedelaars nie! Baie dankie, Grill & GO! As ’n mens by ’n vulstasie of winkel stop en daar is alewig bedelaars, ry jy eerder verby! In Karasburg byvoorbeeld stop jy by ’n plek, dan sak die bedelaars op jou neer. Ons ry eerder verby. Behalwe by Agra se vulstasie in Karasburg. Goeie en vriendelike diens en geen bedelaars nie. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie