SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 13 Februarie 2023

Mandy Rittmann
Strukture? Hoekom moet strukture opgerig word. Watse ding is ’n struktuur. Nee, bou ordentlike klaskamers vir die Namibiese leerlinge! Dis nou al amper 33 jaar en nogsteeds is daar net leë beloftes van skole en ordentlike huise vir inwoners wat in blik- en sinkplaathuise bly. Dis ’n skreiende skande geagte President.

Ek stem saam met ons President, dat skoolkinders die instandhouding van skoolterreine as deel van hul opvoeding moet beskou. Onderwysers wat nog infrastruktuur ook moet herstel, gaan egter ’n voltydse werk wees. Word daar nie vir instandhouding begroot nie? Die destydse publieke werke-afdeling het voorkom dat ’n verstopte toilet ’n tradisie word.

According to a news report today, our President was surprised that there are still learners being taught under trees. Well, where has he been living all these years? Furthermore, he plans to hold a major education conference to be attended by all kinds of big-shot stakeholders, with the glaring absence of principals and teachers. The people on the ground who will have to live and cope with with yet another set of top-down decisions made by people who are far removed from the situation on the ground. No wonder the education system of this country can’t get its act together, but keeps stumbling along from one costly experiment to the next.

Tsumeb, baie geluk! Ons dorpie vat nou eerste prys met die swakste paaie, die diepste en wydste slaggate. Hierdie was in ’n stadium die mooiste dorp in Namibië, nou is dit iets om voor skaam te wees. Danksy die diens wat ons owerhede aan ons lewer. Wat ’n skande! En o ja, slaggate word nie met sand reggemaak nie. Probeer bietjie iets wat langer hou asseblief. Die belastingbetalers verdien beter.

Ek sal graag wil weet, wat maak die paaie-superintendent van die Roads Authority in Okahandja en sy personeel, dat die padreserwes van die paaie rondom Okahandja so toegegroei is? Boer hy te veel of wat? Veral in die padreserwes van die M87-pad na Okahandja groei groot doringbome, selfs tot op die padskouer. Dis moeilik om af te trek op die padskouer indien mens ’n papwiel sou kry, of iets, want daar is te veel dorings.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!