SMS’e vir 13 September 2023
Kaptein, o kaptein! Waarom die skielike hand-om-die-blaas met die politieke antagonis, Swapo? Waarom die sigbare opgewondenheid op u gelaat toe ’n portretskildery van u deur die Swapo-presidentskandidaat gedurende haar onlangse besoek aan Rehoboth aan u oorhandig is? Is dit nie dieselfde mense wat u nie as tradisionele leier erken nie? Dieselfde mense wat u volk se grond van hulle vervreem het? Dieselfde mense wat Rehoboth polities verguis as ’n nalatenskap van kolonialisme? En die kerk? As “gewete van die staat”, watter morele en etiese riglyne bied die kerk vir die volk in sy uur van verwarring en verdeeldheid? Kaptein, span gerus die seile! Maar hoekom na die wind?
Goeie een van die All Blacks. Miskien moet Casper saam daar gaan oefen. Die All Blacks lyk slim en trim en oom Cassie lyk of hy ’n bietjie sukkel.
Ek is op soek na mev. R. Dierick. Sy was werksaam by Damaseb en Conradie in verband met my pa se boedel, asseblief.
Marokko se aardbewing is ’n wekroep vir die regering met al die regeringsgeboue, skole, koshuise ens. wat al jare nie onderhou word nie. Dink net wat gaan in Namibië gebeur met so ’n aardbewing?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie