SMS’e vir 14 Desember 2023
City of Windhoek – geen rekening geen betaling. Van September af is daar kamma probleme en niks word gedoen om die probleem op te los nie. Is dit onbevoegde personeel, of is daar “nie geld” om gekwalifiseerde mense van buite te betaal nie? Of is dit “dan moet ons mos weer werk”?
Kan die minister of education asseblief kyk na die druipsyfer van 2023, dit is uiters vrot. Vir wie gaan ons nou die skuld gee, want die onderwysers bly onskuldig. Ouers word nie laat weet dat die slaagsyfer styg nie, dit hoor hulle eers aan die einde van die jaar. Waarheen gaan al die kinders wat gedruip het? Drug abuse? Die kinders kry die skuld, maar die onderwysers is nooit by die skool nie. Enige onderwyser word gebruik om enige vak aan te bied. Ouers gee geld uit om ’n kind vir ’n jaar in die skool te hou en die onderwysers kan nie eens hul kant bring nie.
Om by lodges, kampeerplekkke en gastehuise tuis te gaan, moet dit in so ’n toestand wees dat jy daar wíl tuisgaan. Dit moet netjies en veilig wees. Die diens moet goed wees. Lodges, kampeerplekke en gastehuise moet in stand gehou word. Plekke wat nie in stand gehou word nie, en waar jy nie veilig is nie, sal nie aftrek kry by toeriste nie. Gondwana, baie dankie! Daar word altyd net met lof van jul lodges en kampeerplekke gepraat! Skoon, netjies, veilig en uitstekende diens!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie