SMS’e vir 14 November 2022
Die banke jaag die mensdom na loan sharks, want hulle kan ons nie help nie, omdat ons op ITC is. Elke tweede mens is by ’n loan shark. Mense kry swaar as gevolg van duisende rente, wat hulle aan loan sharks moet betaal en hulle kom nie daar uit nie. Nooit sal hulle daar uitkom, want hulle moet geld het om te kan lewe. Mense verander, omstandighede verander, hoekom kan die banke ons nie help nie?
Waar in Swakopmund kan ek die tafeldruiwe van Aussenkehr koop wat die pryse gewen het?
Nou net 15 km buite Tsumeb op die Grootfontein-pad die gekontrakteerde vullisoptellers gesien met hul bakkie wat aan die regterkant van pad met gesig na aankomende verkeer staan. Die verkeerspolisie sal seker daar verbyry en nie eens weet 'n ernstige oortreding word gepleeg nie. Waarom die regering in elk geval privaat mense kontrakteer om vullis op te tel, gaan my verstand te bowe. Dis nie asof daar nie duisende staatsamptenare daagliks by hul werk sit en slaap en op hul selfone sit en speel nie. Span hulle in.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie