SMS’e vir 15 Mei 2024
Wat gaan in Okahandja aan? Die plek moet nog net omhein word, dan is dit ʼn plaas. Die hele dorp is vol van beeste, skape, bokke en perde wat loop soos en waar hulle wil. En die owerhede – van die polisie tot veeartseny doen niks daaromtrent nie. Seker omdat dit hulle of hulle pelle en familie s’n is.
Ek is opsoek na ʼn rolstoel al is dit tweedehands vir my broer, hy het beide sy bene verloor. Asseblief help my, ek vra uit die diepte van my hart. En baie dankie aan almal wat ʼn hart sal oopmaak. – 081 375 9012
ʼn Tyd terug was die koerante vol van sogenaamde entrepreneurs en mense wat langs die pad grassny en dit sommer daar baal. Feit is, dat daardie entrepreneurs en mense die wet oortree sover hulle gaan. Hulle sny sonder toestemming van grondeienaars en die Padowerheid ander mense se gras. Wanneer gaan die wetteloosheid stop?
Die opskrif, “Lae vlakke van sentrale damme ʼn groot krisis” verwys: So ʼn krisis sou nie in Jan Jordaan se tyd gebeur het nie. Het NamWater se uitvoerende hoof nou eers agtergekom dat die damme in die sentrale gebied van Namibië se gesamentlike watervlak nie tot die volgende reënseisoen sal hou nie? Enige graad vyfie kon hom dit twee maande gelede al gesê het.
Kan iemand my sê hoekom daar nie meer van ons plaaslik vervaardigde “bully beef” op winkelrakke te vinde is nie, of is dit maar deel van Meatco se mislukte bestuur.
When will Telecom clean up the mess they left behind on Aristoteles Street? Paratus took one day to replace the interlocks.
Dis ʼn absolute skande dat Namibiese UHT-melk N$170 (vir 6) by ʼn winkel in Okahandja kos, terwyl die winkel se eie handelsmerk (nie op spesiale aanbieding nie) net N$143 kos.
Okahandja-munisipaliteit: Wanneer maak julle die slote in die straat voor die polisiekantoor reg?
NaTIS, party ou mensies het darem ook ʼn karretjie. Help tog vir hulle! Gee asseblief tog vir hulle ʼn bietjie af op die lisensiegelde!
Die waterkrisis verwys: Kan NamWater en die dorpsindoenas van Okahandja-munisipaliteit vir ons sê waar ons water vandaan gaan kry, indien Von Bach totaal opdroog? Of is hulle nie bekommerd nie?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie