No Image Caption

SMS’e vir 16 Januarie 2024

Mandy Rittmann
Ons president het sy mond goed uitgespoel deur Israel te veroordeel in die oorlog wat Hamas begin het deur onskuldige Israeli-babas, oumas, oupas, weerlose vroue te verkrag en te slag. Altesaam 1 400 Israeli’s gedood. Hamas het hul terreurdade van 7 Oktober die wêreld ingestuur sonder enige skaamte. Meneer die president, Hamas het hierdie dade in Israel gepleeg en daarna meer as 200 onskuldige vroue, kinders en mans ontvoer na Gasa. Van hierdie ontvoerde gevangenes is ’n klein groepie vrygelaat. Ander is vermoor en nog ander word steeds deur Hamas aangehou. Israel het die reg om sy land te verdedig teen hierdie bloeddorstige terroriste. Baie ironies het u nie op enige platform Hamas se moorddade veroordeel nie.

Die Israel-Hamas-konflik verwys: As Namibië vir SA ondersteun, is dit seker Duitsland se volste reg om hulle by Israel te skaar.

Ag Suid-Afrika se klag teen Israel by ACL is belaglik en alles wat Suid-Afrika sê, beaam Namibië. Alles bla, bla hulle agterna, plaas kyk hulle na al die wit kruise in die berge van vermoorde boere en na Rusland wat elke dag derduisende Oekraïners uitmoor, maar dis mos hulle tjommies. Sê maar net!

Pasop, as jy val in ’n bekende supermark op ’n nat kol op die vloer waar daar geen waarskuwings is nie en jou klere skeur ook, dan sê die bestuurder net jammer meneer ons sal skoonmaak!

Ek wil graag vir die Okahandja-verkeerspolisie ’n wenk gee, om duisende dollars vir die staatskas te verdien. Gaan sit bo-op die Gross Barmen-brug – agter die sementpilare – om die karre en lorries wat nie stop by die stoptekens nie, te vang en te beboet. Vandag, Sondag 14 Januarie, het twee lorries en ’n GRN-bakkie doodeenvoudig agtermekaar oorgery sonder om te stop, al was ons bo-op die brug ongeveer 30 meter van hulle af. Dit sal ongelukkig beteken dat die polisie in die son moet sit, maar hulle het darem seker sambrele en seilstoele.

Sagaria 12:9 – “Ek sal in daardie dag streef om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te vernietig.”

Kan iemand my sê waar ek die squid Africa se 1c, 2c, 5c en een rand inruil. Of hoe moet ek maak, het baie van dit. Die 1c en 2c.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!