SMS’e vir 16 Maart 2023
MTC het die swakste netwerk in die wêreld. 20 km vanaf De Kalk toring sonder internet- en telefoonverbinding. Telecom-netwerk puik verbinding tussen MTC en TN werk ook nie.
Kan Network TV, kanaal 285 op DSTV nie programme bekend maak wanneer wat uitgesaai word nie? Op die oomblik is programme baie deurmekaar. Ons kan nie heeldag TV kyk en hoop dit wat gekyk wil word, word uitgesaai nie.
As iemand ou boumateriale op die erf het, wat u ontslae van wil raak, kontak my asseblief op 081 358 3376. Soos pale, stene ensovoorts asseblief.
Wat maak ons met al die oliegeld? Gee nou vir ons ou mense, want ons het Namibië opgebou. Nou wil ons ook van die vrugte van ons harde werk baat. Die volgende generasie kan nie alles vir hulself vat nie. Wees dankbaar teenoor ons ou mense en verhoog ou mense se geld na N$20 000 per maand. Dankie.
Ek is absoluut teleurgesteld in die sirkus in ons parlement. Ons parlementariers verwar goeie opgevoede en intelligente debatvoering met onbeskaafdheid, barbaarsheid en onopgevoedheid. Hulle klink letterlik na ’n hoop leë blikke. Onthou ons kinders kyk ook na die uitsending. En moet asseblief nie na die swak voorbeelde in die wêreld verwys nie. Daar is goeie voorbeelde om te volg. – Demokraat
If Job Amupanda becomes president in 2025, he must include all tribes in his cabinet, including former apartheid worshippers.
Ons almal se Nampost Smart-kaarte verval in twee maande. Nampost sê hulle het nie voorraad om kaarte te vervang nie?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie