SMS’e vir 17 Junie 2022
Kan ons in Namibië asseblief slim planne vir fosfaat-ontginning vir ewig begrawe? As dit so skadeloos en wonderlik was, sou nie ten minste elke tweede land met ’n kuslyn dit by hulle toegelaat het nie? Onthou as ons mariene lewe opgeneuk is, is hy opgeneuk met verreikende gevolge vir altyd!
Ek dink regtig Namibië moet vir hom ander vriende soek, want regtig mense, met sulke vriende weet ek darem nie mooi. Dis nou Rusland, China en Angola. Ons help hulle atyd met ietsie, maar as ons iets soek soos byvoorbeeld goedkoper brandstof wat hulle baie van het, o nee, dan is hulle stil net soos ons sogenaamde leiers.
Namibië, onse winter is hier. Hou jul warm vir dié 3 maande. Eet suurlemoene, lemoene pynappels en drink suurlemoensap. Gebruik jul Vicks.
Het die storie van die budgies gehoor. Belaglik, was weer een wat nie sy sin kon kry nie, en gaan huil het by sy polisie buddy. Wanneer gaan Namibiese instellings regkom? Dink, wees doeltreffend, die instansie is nie jou persoonlike back-up nie. Ons, die belastingbetalers, is verantwoordelik vir jou salaris. Kom reg man!
Glo dit of glo dit nie. Ons was nou al menigte male in die laaste 3 jaar by ons bank in Swakop om ons posadres van Windhoek na Swakop te verander. Tot op hede kry hulle dit net nie reg nie! Ok, is nie so erg, want state word ge-email. Maaaaar! Rérig?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie