SMS’e vir 17 Oktober 2022
Ek kyk gewoonlik die advertensies op die TV en stem met ’n klomp goed nie saam nie. Maar wraggies die een van Spar se vriendelike mense is tops. Altyd vriendelik en baie bedagsaam, maar daar is ook sekere supermarkte, winkels en banke, og ek wens so hulle kan Spar se mense se vriendelikheid sien en daar uit leer. – Magda Grobler van Gibeon.
Jongboere: dis ’n wonderlike ontwikkeling. Wens almal die nodige krag, dat julle passie, nuwe inisiatiewe en idees volhoubaar is en ondersteun word.
SOE’s en openbare maatskapye: skrikwekkend, slegte korporatiewe bestuur oral waar jy kyk. Die kwaliteit en vermoëns van bestuurders aaklig, en dit 30 jaar na onafhanklikwording. Daar is boonop geen trots of passie vir die beroep nie. So hartseer.
CoW-dienste: daar is wel onderhoud deur die stad, maar klaarblyklik sonder konsep of stelsel. Een week is daar ’n program vir verfwerk en dan weer materiaal en personeel vir gatestop. Maak nie sin nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie