SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 18 Januarie 2024

Mandy Rittmann
Minister of education, hoekom transfer julle kinders wat U’s vir al hul vakke kry, maar kinders wat probeer kan julle nie transfer nie? Dis hoekom ’n 17-jarige seun homself doodgemaak het, want hy was ’n goeie student van graad 1 af en druip graad 11. Was ’n “remark” moeilik? Ons as ouers moet net aanvaar ons kinders het gedruip, almal is mense en maak foute. Hoeveel kinders moet hulself nog doodmaak? Onderwysers stel net nie meer belang in hul werk nie, wil nie eens oor wiskunde praat nie, daar’s geen (sic).

Minister of education en jou directors en almal, me. Maggerman en me. Steenkamp, moenie net meetings met skoolhoofde hou nie, kom besoek die skole en kyk hoekom is die klasgemiddeld so swak, wat maak onderwysers? Hou meetings met ouers om die probleme uit te sorteer, ons as ouers kan nie bekostig dat ons kinders druip nie en daar word niks aan die saak gedoen nie. Al praat jy met die skoolhoof gebeur daar niks nie. Kom besoek die Suide en kyk hoe lê die kinders in Keetmans rond. Onderwysers werk net vir ’n salaris, kinders verstaan nie, maar mag nie praat nie, want onderwysers bly reg en is haastig om ná skool in bare (sic) te sit. Hulle sit heeldag op hul fone en gee net werk wat afgeskryf moet word. Ons kinders druip onnodig.

Wat kan ek doen, my ma is 80 en het ’n beroerte gehad. Is permanent aan haar regterkant verlam en in ’n rystoel. Oom is oor ’n maand 80 en amper blind. Het twee keer uitstel op paspoort gekry, nou besig met verblyfpermit, police clearance RSA vat tot ses maande. Hulle aanvaar nie meer die vingerafdrukke wat in Namibië gedoen word nie. Hulle twee moet nou Upington toe om vir clearance aansoek te doen en ses maande daar wag. Sonder verblyf, dit moet ook nog gesoek word. Kan iemand raad gee, asseblief. – Rina Meyer 081 256 6035

Waarom leef ons terug in die verlede? Waarom eien jy jou die reg toe om te oordeel en eise te stel aan die verlede? Wat verby is, is verby. Jy sal altyd ’n ontevrede en ’n ongelukkige mens wees. Waarom blameer jy dinge wat in die verlede plaasgevind het? Is jou doel om vandag drie treë vorentoe te gaan en môre besluit jy om vyf treë terug te gaan? Wie is die gelukkigste mense? Hulle wat vergewe en vergeet en bou aan ’n blink toekoms, nie diegene wat elke dag met haat en wrok rondloop en terugval in die verlede nie. Kom oor jouself, haat en wrok is nie wat ons God van ons vra nie.

Sagaria 12:9 – “Ek sal in daardie dag streef om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te vernietig.”

Kan iemand my sê waar ek die squid Africa se 1c, 2c, 5c en een rand inruil. Of hoe moet ek maak, het baie van dit? Die 1c en 2c.

Is wat ’n mens hier skryf vertroulik en anoniem?

Ai ons koerante! As jy al die advertensieblaaie en “back to school”-blaaie uithaal, is daar niks van die koerant oor nie.

Juffrou Jessmine Maggerman, kom kyk hoeveel graad 8-, 9- en 10-kinders in die Suide sit by hul huise wat gedruip het. Ouers soek antwoorde, asseblief. Julle het ons kids gefail.

Ek is asseblief opsoek na hulp. Ek is 14 jaar oud. Help my met skoolboeke en my skoolrok. Ek het skool gekry, maar ek kort skoolboeke en my rok is N$400. Ek is Bianca, ek vra groot asseblief my mense, ek wil skool toe gaan. Baie dankie 081 786 9587.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!