SMS’e vir 18 Oktober 2022
Weermag weier hulp met brande in Karasberge. Die verskoning is dat waterlorrie in die noorde is. Nautedam ongeveer 30 km van brande. Dieselfde met Hardapdam toe brande naby Kalkrand was. Weermaghelikopters kon ingespan word vir brandbestryding. Jong soldate kon gaan brande slaan, soos boere, werkers en vrywilligers. Soldate in diens van land en ook belastingbetalers wat hul salarisse betaal. As oorlog uitbreek (hoop nie so nie), sal die publiek hulle ook moet help daarmee? Ek vra maar net. Ons kan mos nie net eet en nie werk nie.
Dankie tog dat De Beers nog beheer het. As die regering beheer oorneem, word dit maar net nog ’n rot soos visrot of houtrot.
TransNamib in Karasburg. Wie is verantwoordelik vir die treinspoor uit Karasburg op pad na Hamab en verder? Die gras staan hoog op tot byna teen die treinspoor. Wat dink julle sal gebeur as daar ’n vonk spat. Die wêreld sal aan die brand wees. Die bome en bosse staan die rivier ook byna toe onder die brug?
Laat ons oë toemaak en bid tot die Hemelse Vader, laat hierdie reënbuie wat val, daar in Karasberge en plase val, sodat daardie brand geblus kan word. Dit is baie swaar, rêrig!
Skole moedig kinders aan om aan sport deel te neem. Goed en wel, dan is daar ’n seremonie waar kinders sertifikate sal kry, omdat hulle aan sport deelneem. Let wel, deelneem, maar van die kinders staan daar en kry niks. Só breek jy ’n kind se hart.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie