SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 19 September 2023

Mandy Rittmann
Namibië is geseënd met uitmuntende atlete en so ook met rugbyspelers van skool tot nasionale vlak. Die legio uitdagings is ook al holrug gery. Daar is beslis groot, baie groot fout as ons sewes sukkel en verloor teen diesulkes soos Nigerië, Ivoorkus en Tunisië. Ons is nie ernstig nie. Is ons deesdae net deelnemers? Ons beter net ná die RWB na ons hele opset kyk, ’n regte Namibiese produk daarstel. Ja, dit sal vier jaar en langer neem, maar dan moet ons bereid wees om kundige en opregte persone aan te stel. Allister het ons totaal gedrop. – Robbie Thompson

MTC, sein swakste in wêreld op Kalkplato in Suide. Cran moet ondersoek instel. TN is baie beter.

City of Windhoek, the head of debt managers, please talk to your staff to give friendly service to customers. It doesn’t cost a cent to smile.

Wil graag weet hoekom plaaslike SMS’e van MTC soms fail by service, maar ek betaal seker nog daarvoor? – Groenewald Vredenburg

NDF0394! Wit Corolla. Hy het amper ’n reuse-trompop botsing tussen Kombat en Otavi vanoggend [Saterdag] veroorsaak, deurdat hy teen ongeveer 180 km/h twee voertuie in die gesig van aankomende verkeer verbygesteek het. Net daarna het ek hom voor die hoender-“take away” op Otavi gekry, maar hy het so vinnig weggejaag dat ek hom nie kon inhaal nie. Die regering het duidelik geen beheer meer oor hierdie werknemers nie. GRN-, POL- en NDF-voertuie mag ry so vinnig en waarheen en wanneer hulle wil met brandstof waarvoor belastingbetalers betaal. Word daar ooit LOG-boeke gehou vir hierdie voertuie? Waarom word daar nie apparate in hierdie voertuie geplaas, wat aantoon waarheen en hoe vinnig hierdie uitverkorenes ry nie?

Where is the boss of Old Mutual? Do you know that certain staff members did not get their August salary yet? (15 September, already!) Why not? Yet you expect them to be at work. Shame on you.

Ons rugbyspan sal beter vaar sonder Allìster, fire hom.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!